Vraag
Kan jou huwelik jou verhouding met God dwarsboom?
Antwoord
Die saak dat die huwelik diens teenoor God kan verhinder, was vir Paulus in 1 Kor 7 鈥榥 bekommernis. As gevolg hiervan, het hy genoem dat dit die beste is vir 鈥榥 enkellopende om so alleen te bly. Hy het egter verstaan dat om enkellopend te lewe sonder om uit te brand van hunkering, was nie 鈥榥 gawe wat aan elkeen gegee is nie (7-9). In vere 32-35 noem hy dat ongetroudes die Here ongehinderd kan dien, omdat hulle nie nodig het om te fokus op di茅 deel van hul lewens om hul eggenotes te plesier nie. Hy het ook daarop gewys, dat 贸f jy getroud 贸f ongetroud is, jy daarop moet fokus om Christus te dien (verse 28-31).
Maar die feit dat Jesus nie net enkellopende mans geroep het nie 鈥 en selfs vir Petrus uitgekies het, 鈥榥 getroude man (Matt 8:14) as een van die drie naaste dissipels 鈥 dui aan dat die huwelik nie nodig het om iemand se intimiteit met Christus te verhinder nie. Soortgelyk, in die Ou Testament was daar twee individue (onder andere) wat intiem met God was. Een was Dani毛l; die ander was Moses. Een was enkellopend; een was getroud. Tog was die huwelik nie 鈥榥 bepalende faktor betreffende die intimiteit met God nie.
Die sleutel ten opsigte van trou en geen inmenging met jou intimiteit met Christus nie, is om 鈥渋n die Here鈥 te trou (1 Kor 7:39) of om dit anders te stel, om nie 鈥渕et ongelowiges in dieselfde juk鈥 te trek nie (2 Kor 6:14) deur enige ongelowige te trou of 鈥榥 gelowige wat nie dieselfde leerstellings aanhang as jy nie of dieselfde begeerte het om Christus met 鈥榥 hele hart te dien nie. As iemand 鈥渋n die Here鈥 trou, beloof die Skrif die voordele van 鈥榥 goeie lewensmaat (Spreuke 27:17; Prediker 4:9-12) en die eggenoot word 鈥榥 hulp en bemoediging in elke dag se wandel saam met Christus.
English
Kan jou huwelik jou verhouding met God dwarsboom?