Dz˹ֲ

settings icon
share icon
Vraag

Hoekom sal ek die Bybel glo?

Antwoord


Die Bybel maak aannames oor die skepping van die heelal, die natuur van God wat die heelal geskep het en ten volle daaroor regeer en die noodlot van die mensdom. Indien hierdie bewerings waar is, dan is die Bybel die belangrikste boek in die mensdom se geskiedenis. As die Bybel waar is, dan bevat dit die antwoorde aangaande die lewe se grootste vrae: “Vanwaar af kom ek?” “Hoekom is ek hier?” en “Wat gebeur met my as ek sterwe?” Die belangrikheid van die Bybel se boodskap vereis dat dit regverdige oorweging kry en die waarheid van die boodskap is waarneembaar, toetsbaar en is by magte om noukeurige ondersoek te weerstaan.

Die skrywers van die Bybel maak daarop aanspraak dat die Bybel God se eie Woord is. Die apostel Paulus skryf dat “die hele Skrif” deur God geïnspireer is (2 Tim 3:16). Dit beteken dat al die woorde opgeteken in die oorspronklike geskrifte van die Skrif uit God se mond ontstaan het, voordat dit enigsins die verstand en penne van die Bybelskrywers bereik het. Die apostel Petrus skryf dat “geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig” (2 Pet 1:21). Die frase “meegevoer” is aanduidend van ‘n seil wat deur die wind gedryf word. Dit is, die skryf van die Skrif wat deur die Heilige Gees gelei was. Die Bybel het nie deur die mens ontstaan nie en dit is dus ‘n produk van God en dra die outoriteit van God.

Op hierdie punt is dit belangrik om nie toe te laat dat sirkulêre beredenering die regverdiging word om die Bybel te glo nie. Ons kan nie sê dat ons eenvoudig die Bybel glo, omdat dit sê dat ons dit moet glo nie. As egter die waarheid daarop aanspraak maak dat die Bybel waar is, wanneer ookal dit getoets word vir geloofwaardigheid of bewys word dat dit waar is gedurende historiese en wetenskaplike ontdekking, dan is die interne aansprake op die Bybel se geloofwaardigheid meer afdwingbaar. Die interne bewys werk in tandem met die eksterne.

Die interne bewys van die Skrif se geloofwaardigheid voorsien baie dwingende argument waarom ons in die Bybel moet glo. Eerstens, die unieke boodskap van die Bybel onderskei dit van ander godsdienstige geskrifte. Die Bybel leer byvoorbeeld dat die mensdom inherent boos is en die ewige dood verdien. Indien die mens verantwoordelik sou wees vir die inhoud van die Bybel, sou die siening van die mensheid nie so donker gewees het nie – ons poog om onsself goed te laat lyk. Die Bybel leer ook dat die mense niks vir hulself kan doen om hul natuurlike toestand te verbeter nie. Dit dryf ook teen die mens se trots in.

Die eenheid van die bybelse boodskap is verder rede vir hoekom ons in die Bybel sou glo. Die Bybel was geskryf oor ‘n periode van ongeveer 1 550 jare, deur ongeveer 40 menslike skrywers,waarvan die meeste mekaar nie geken het nie en was van verskillende agtergronde (koning, visserman, belastinggaarder, herder, ens.) Die Bybel was geskryf in verskeie omgewings (woestyn, tronk, koninklike hof, ens.). Drie verskillende tale was gebruik om die Bybel te skryf en ongeag die dekking van kontroversiële onderwerpe, dra dit een en dieselfde boodskap. Die omstandighede wat die skryf van die Bybel omring, sou lyk asof dit die feilbaarheid daarvan waarborg, tog is die boodskap van Genesis tot Openbaring onheilspellend konsekwent. ‘n Ander rede waarom ons kan glo dat die Bybel akkuraat is. Die Bybel moet nie verwar word met ‘n wetenskap-teksboek nie, maar dit beteken nie dat die Bybel nie praat van kwessies van ‘n wetenskaplike aard nie. Die “hidrologiese siklus” was in die Skrif beskrywe eeue voordat dit ‘n wetenskaplike ontdekking was. In sommige gevalle was wetenskap en die Bybel glad nie eens met mekaar nie. Tog, soos die wetenskap vooruitgegaan het, was die wetenskaplike teorieë verkeerd bewys en die Bybel reg. Byvoorbeeld, dit was standaard mediese praktyk om pasiënte te laat bloei as ‘n geneesmiddel vir siekte. Baie mense het gesterf as gevolg van te veel bloedverlies. Nou weet mediese beroepsmense om iemand te laat bloei, het negatiewe gevolge vir die meeste siektes. Die Bybel het altyd geleer dat die lewe van ‘n dier in sy bloed is (Lev 17:11).

Die bybelse aansprake oor waarhede aangaande wêreldse geskiedenis het dit ook gestaaf. Skeptici het die Bybel gekritiseer vir die benaming Hetiete (2 Kon 7:6). Die tekort aan enige argeologiese bewys om die bestaan van die Hetietiese kultuur te steun, was dikwels aangeteken as weerlegging van die Skrif. In 1876 egter het argeoloë bewyse ontdek van die Hetiete as ‘n nasie en teen die vroeë 20st eeu was die uitgestrektheid van die Hetiete as nasie en hul invloed in die antieke wêreld algemene kennis.

Die wetenskaplike en historiese akkuraatheid van die Bybel is belangrike getuienis van die Bybel se betroubaarheid, maar die Bybel bevat ook vervulde profesieë. Sommige van die bybelse skrywers het aanspraak gemaak oor toekomstige gebeure wat sal kom. Indien enige gebeure wat voorspel is, voorgekom het, was dit verstommend. Maar die Bybel bevat baie, baie profesieë. Sommige is vervul in ‘n kort tyd daarna (Abraham en Sara het ‘n seun ontvang, Petrus het Jesus drie maal verraai, Paulus was ‘n getuie vir Jesus in Rome, ens.) Ander voorspellings was honderde jare later vervul. Die 300 messiaanse profesieë wat deur Jesus vervul was, kon nie redelikerwys deur een persoon vervul gewees het nie, tensy daar een of ander groter krag betrokke was nie. Spesifieke profesieë soos Jesus se geboorteplek, aktiwiteite, hoe Hy sou sterf en Sy opstanding beeld die bonatuurlike akkuraatheid van die Skrif uit.

As dit op die proef gestel word, is die Bybel bewys as waarheid in elke opsig. Die waarheid ten opsigte van die geestelike, ook. Dit beteken dat as die Bybel sê die Hetiete het bestaan, dan kan ons glo dat daar Hetiete was en as die Bybel leer dat almal gesondig het (Rom 3:23) en dat die “loon” van die sonde die dood is (Rom 6:23), dan moet ons dit ook glo. En as die Bybel ons vertel dat God Sy liefde vir ons juis hierin bewys: “dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was (Rom 5:8) en dat God die wêreld so lief gehad het “dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê (Joh 3:16), dan kan ons en moet ons dit ook glo.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom sal ek die Bybel glo?
Deel hierdie bladsy: Email icon
© Copyright Dz˹ֲ