Vraag
Wat beteken dit om in die Gees te bid?
Antwoord
Om in die Gees te bid, word drie maal in die Skrif genoem. 1 Kor 14:15 stel dit so, âHoe moet dit dan wees? So dat ek met die gees moet bid, maar ook met die verstand. Ek moet met die gees die lof van die Here sing, maar ook met die verstand.â Ef 6:18, â Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.â Judas vers 20, âJulle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees.â Wat presies beteken dit dus om in die Gees te bid?
Die Grieks word vertaal as âbid inâ en kan verskeie betekenisse hĂȘ: âdeur middel vanâ of âmet behulp vanâ of âin die omgewing vanâ en âin verbinding metâ. Om in die Gees te bid, verwys nie na die woorde wat ons sĂȘ nie. Dit verwys eerder na hoe ons bid. Om in die Gees te bid, beteken dat die Gees jou lei in jou gebed. Ons bid vir dinge waarvoor die Gees ons lei om te bid. Rom 8:26, âDie Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesĂȘ word nieâ.
Gebaseer op 1 Kor 14:15, vergelyk sommige bid in die Gees, met spreek in tale. Waar Paulus die gawe van âspreek in taleâbespreek, praat hy van âdan bid my geesâ. 1 Kor 14:14 sĂȘ dat wanneer ân persoon in tale spreek, hy nie weet wat hy sĂȘ nie, aangesien dit in ân onbekende taal gespraat word. Verder weet niemand anders wat gesĂȘ is nie, tensy daar ân interpreteerder is (1 Kor 14:27-28). In Ef 6:18 beveel Paulus ons âDoen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowigesâ. Hoe kan ons met allerhande gebede en versoeke vir die gelowiges bid, as niemand, insluitend die bidder, nie eens kan verstaan nie? Dus, om in die Gees te bid, moet verstaan word dat daar in die krag van die Gees gebid word, deur die leiding van die Gees en ooreenkomstig Sy wil en nie soos om in tale te praat nie. English
Wat beteken dit om in die Gees te bid?