Dz˹ֲ

settings icon
share icon
Vraag

Hoeveel invloed is die Bybel veronderstel om op die samelewing uit te oefen?

Antwoord


Dit was altyd die geval dat die Woord van God ‘n verskil in kulture maak, waar dit bekend gestel word. In die eerste-eeuse Tessalonika het ‘n groep leeglêers sommige Christene deur die strate gesleep en geskreeu, “Dit is die mense wat die hele wêreld in beroering bring. Hulle is nou hier in ons stad” (Hand 17:6). Dit is heeltemal reg dat die Bybel ‘n invloed op die samelewing moet hê, soos dit op die individue binne-in ‘n samelewing het.

God is die Skepper van die wêreld en die mense wat dit bewoon (Gen 1). Heel vanaf die begin het God die wêreld beplan en die mense, om op ‘n sekere manier te “funksioneer.” As die samelewing nie die beginsels volg wat God vir ons in die Bybel gee nie,werk die lewe eenvoudig nie goed nie. God is die enigste Een met die insig om die lewensfunksies na ons beswil te laat werk en Hy deel daardie wysheid in Sy Woord met ons. In Hebr 4:12 word die Bybel beskryf as “lewend en kragtig.” Deels beteken dit dat die Bybel huidig netso van toepassing en relevant is as wat dit was toe dit die eerste keer geskryf was.

As ‘n nasie God eer, ontwikkel respek vir God se hele skepping. Waar daar geen eerbetoon vir God is nie, faal ‘n samelewing om Sy skepping te respekteer en mense kry swaar as gevolg daarvan.

Van die begin af het mense die keuse om God se pad te volg. Maar keuses dra altyd gevolge. Die Ou Testamentiese geskiedenis van Israel dokumenteer die sosiale wette en voorskrifte wat God hulle gegee het. Toe Israel volgens God se wette gelewe het, het hul samelewing goed gefunksioneer, maar wanneer hul wegdraai van God se plan, het hul samelewing altyd afdraand gegaan. Vandag se pogings om die Bybel se invloed van die samelewing te verwyder of om ‘n bybelse wêreldsiening te begrens, openbaar die trots van die mensdom wat sê, “Ons weet beter as die Een wat ons geskep het.”

Niks hiervan sê dat ons ‘n teokrasie moet tot stand bring soos antieke Israel gehad het nie. God se planne in daardie regeringstelsel was vir ‘n sekere tyd en plek. As die Bybel egter behoorlik verstaan word, kan die invloed daarvan op die samelewing lei tot minder geweld, minder egskeiding, minder traagheid en meer menseliefde. Soos John Adams, die tweede president van Amerika , geskryf het, “Suppose a nation in some distant Region should take the Bible for their only law Book and every member should regulate his conduct by the precepts there exhibited! Every member would be obliged in conscience, to temperance, frugality and industry; to justice,kindness and charity towards his fellow men; and to piety, love and reverence toward Almighty God …… What a Eutopia, what a Paradise would this region be” (“Diary and Autobiography of John Adams,” Vol lll, p. 9). Die Skrif sê dit die beste: “Dit gaan goed met die nasie wie se God die Here is” (Ps 33:12).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoeveel invloed is die Bybel veronderstel om op die samelewing uit te oefen?
Deel hierdie bladsy: Email icon
© Copyright Dz˹ֲ